Location: South Africa » Eastern Cape » Garden Route

Olifantskrans River Cabins

Olifantskrans River Cabins Self-catering accommodation in Robertson Western Cape

Description

N MENS laat jouself voor die krans te water in ’n kanaal van ongeveer 2 m breed, omring deur riete en kwetterende vinke.

 

Dan is dit skielik pikdonker en onheilspellend stil, amper soos met daardie grilritte kleintyd op kermisse waar jy skielik met ’n emmer water of ’n slymerige “iets” deur jou gesig verras word.


Olifantskrans se “verrassing” is ’n kolonie vlermuise. Eers hoor jy net ’n vae, hoë geluid, maar hoe nader jy kom, hoe donkerder word dit en hoe meer begin jou ore tuit van die getjier-tjier.

 

Dan is jy skielik tussen hulle, met min wegkomkans, want die spasie tussen die water en die rotswand bo is maar eina.

Watter verligting as die water jou sowat 200 m verder aan die anderkant van die krans uitspoeg en ’n reuse-visvanger ter verwelkoming in die helder daglig uit die riete bars.

Olifantskrans is ’n merkwaardige natuurverskynsel langs die Breërivier tussen Robertson en Bonnievale. Dit is sowat 200 m lank en troon 65 m bo die rivier uit in die vorm van ’n reuse-boog.

Dit is deel van die vrugteplaas Secunda van Francine en Danie Conradie, waar ’n klompie vriende onlangs ’n onvergeetlike naweek in vier van die houthutte op die oewer van die Breërivier deurgebring het.

 

Die Conradies se idee van weelderige afsaal met allerhande buitelug-aktiwiteite op jou voorstoep – soos swem, roei, visvang (barbers, karp) en voëlbesigtiging (’n armada geelbekeende, visarende en ’n kaalwangvalk met junior as hoogtepunte) – het ons goed gepas.Oli­fantskrans en die kanaal wat daardeur vloei, het ’n fassinerende geskiedenis.

Die krans was in die 17de en die vroeë 18de eeu die ideale plek vir jagters om olifante (glo tot 20 of 30 op ’n keer) vas te keer – vandaar die naam. Troppe olifante het destyds nog gereeld van die George- en Knyna-omgewing na die Ceres-gebied getrek.

Ook talle ander wilde diere het die omgewing bewoon, soos blyk uit die plaasname Wolvendrift, Leeurivier en Buffeljags.
Volgens ’n dokument getiteld The History of Olifantskrans deur N.C. du Toit is die boog die resultaat van opvouende lae sandsteen wat oor miljoene jare heen gevorm is. Sowat 280 tot 220 miljoen jaar gelede is baie sterk druk uit die suide op die lae sandsteen en skalie uitgeoefen, amper soos wanneer ’n tafeldoek van die kant van die tafel na die middel gedruk word.
In geologie-taal is die opwaartse voue antikliene en die afwaartse voue sinkliene.

Die krans is die oorblyfsel van ’n antiklien wat deur miljoene jare van interne en eksterne aardprosesse gegiet is in die vorm wat ons vandag sien. Ook die geweld van die Breërivier se water het hierin ’n groot rol gespeel.

Die lof van die kanaal, wat van die wynplaas Van Loveren deur Olifantskrans tot op Bonnievale en Kapteinsdrift loop, word besing in die boekie Bonnievale se Grootsloot. Daarvolgens is die water aanvanklik om Olifantskrans gelei in ’n plat houtgeut wat op pale gestut en verder met kettings om die krans gehang is. Die geut is deur vallende rotse, sterk wind en vloede beskadig, en ’n ander plan moes gemaak word. Oorblyfsels van die geut hang steeds aan die krans.

Cristopher Forrest Rigg, ’n Suid-Afrikaner wat in Skotland gebore is, het die visie gehad om die grond rondom die Breërivier in kleiner plasies te verdeel en te verkoop (volgens oorlewering was Rigg se doel deur en deur wins en was hy nie ’n filantroop nie). Hiervoor was water in dié laereënvalstreek (half-Karoo met ’n gemiddelde reënval van slegs 250 mm per jaar) nodig.
Rigg het in Januarie 1901 begin met die proses om die tonnel met behulp van dinamiet oop te skiet, en dit was op 31 Desember 1906 klaar. Die duur en tydsame projek om deur die krans te tonnel is deur The Argus die “Slagveld van Bonnievale” gedoop.

Mettertyd is die kanaal heelwat vergroot en verbeter. Dit kon gedoen word danksy die vergroting van die Brandvlei-dam en die vrystelling van heelwat meer water in die Breërivier vir besproeiing.

Die grootste ontploffing wat boerdery betref, het in 1972 begin. In Rigg se tyd is hoofsaaklik met volstruise en lusern geboer, maar met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het die volstruismark in duie gestort omdat Europese vroue moes help oorlog voer en praktiese klere in aanvraag was. Daarna is met hooi en beeste geboer, en Rigg het ook ’n kaasfabriek begin. Vandag het die vallei twee kaasfabrieke.
Die grond is baie vrugbaar, en die teorie hieroor lui dat grondstowwe weens die lae reënval nie wegspoel nie. Die gevolg is ’n kleurskouspel – plate rooi en geel kannas, ’n kleurspektrum van bougainvilleas en rose van allerhande kleure en geure.
Besproeiingswater uit die kanaal het gesorg dat sitrus, pruime, tafeldruiwe en persimmons in die middel tagtigerjare gevestig kon word. Op Secunda word die grootste pruime en geelperskes gekweek wat ek tot nog toe gesien het.

Die Conradies boer ook met druiwe, appelkose en spanspekke – meestal vir die uitvoermark.

Waar wynkelders soos Van Loveren, Wolvendrift en Dewetshof eens koning gekraai het, is daar nou wynkelders te kus en te keur en kruip wingerde teen die eens dorre rante op.

Die kronkelende kanaal met sy kosbare inhoud is die lewensaar van die vallei. Uit Bonnievale se Grootsloot blyk die respek wat inwoners deur die jare vir hul “pêrel van groot waarde” getoon het: “Elke inwoner van ons vallei sal . . . besef dat die heel grootste skat in ons besit die kanaal is. Sonder die ‘grootsloot’ sou ons maar op ’n ander plek ’n leefspasie moes gaan soek.”
Bronne: .  Bonnievale se Grootsloot , saamgestel deur Petro van Niekerk .  History of Olifantskrans , deur N.C. du Toit

Contact Details

Name of hostsOlifantskrans River Cabins
Tel:023 615 1954
fax023 615 1954
Enquire now
View Rates
View Directions

Attractions

  The more energetic person can choose between a wide variety of activities from canoeing to cycling, swimming, bird-watching and walks on the farm.    Come and enjoy fresh water fishing such as Blackbass and Carp and experience the magnificent views along the river bank.    Cycling the circle route from the cabins to Bonnievale and back (35km). Wine-tasting at well-known cellars within a radius of 5km. Offsite Activities includes - Bonnievale and Robertson Golf Courses, Wine tasting on the Uncle Ben at Viljoensdrift, Parmalat Cheese Shop Visits, Visits to the Koi fish farm.

Ons meer energieke gaste kan kies uit 'n wye verskeidenheid aktiwiteite - enigiets van kanovaart tot fietsry, swem, voëlkyk en stap op die plaas self. Kom geniet vasrwaterhengel en verlustig jou in die lieflike uitsig langs die rivieroewer.

Of ry die fietsryroete van die hutte na Bonnievale en terug (35km). Daar is wynproe by bekende kelders binne 'n radius van 5km en indien jy verder as die plaas self wil ry, is daar die Bonnievale- en Rovertson-gholfbane, wynproe by Uncle Ben op Viljoensdrift, die Parmalat kaaswinkel, of die Koi-plaas.

Olifantskrans River Cabins

Facilities

Olifantskrans offers fully equipped self-catering cabins and cottages on the Breede River. 4 Cabins - sleeps 4 people 1 bedroom with double bed and en-suite bathroom and double sleeper couch in living area.

Each cabin has its own lapa for braaiing. There are also an indoor braai on the stoep. A canoe and tubes are available for river activities. One tent per cabin is allowed for bigger children on the grassy banks.

3 Family Cottages - sleeps 6 people 1 bedroom with double bed and en-suite bathroom 1 bedroom with 2 single beds and en-suite bathroom and double sleepr couch in living area. (incl. beddng, towels and electric appliances). There is a television in each cabin and cottage with TV 1, 2, 3 and e-TV.For DSTV bring your own Smart-Card!